Welkom by die webblad van Kinders van die Lig
Kinders van die Lig het in 1997 ontstaan as ‘n evangelisasie en uitreikaksie van die Afrikaanse Protestantse Kerk Pretoria-Oos. Huidiglik staan Kinders van die Lig onder toesig van die Afrikaanse Protestante Kerke van Pretoria-Oos en Wesmoot. Kinders van die Lig wil uiting gee aan God se opdrag deur sy Woord te verkondig deur middel van jeugkampe. Ons wil nie alleen die Lig in die duister wêreld laat skyn nie, maar ons wil ook die vlam in harte aansteek wat dit weer verder kan dra. Daarom poog ons om die nodige toerusting en ondersteuningsraamwerk aan die kinders te verskaf waardeur hulle selfstandige dissipels van Jesus Christus kan word. Alhoewel ons op die kinders fokus poog ons ook om die Lig deur te laat breek aan die ouers en so ook aan die hele gemeenskap.
ONDERSTEUN ONS
Indien u ‘n donasie aan Kinders van die Lig wil maak, kan u dit gerus in ons bankrekening inbetaal:
Bank: ABSA Menlyn
Tipe: Tjek
Takkode: 335645
Rekening nr: 4067892311
Verwysing: KvdLDonasie
Sou u bereid wees om ‘n maandelikse bydrae aan Kinders van die Lig te maak kan u gerus die debietordervorm aflaai en faks na die kerkkantoor (0123615776), of inskandeer en epos na inligting@kindersvandielig.co.za nadat u dit ingevul het.
Debietordervorm
Pitkos
“En laat ons ken — laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.”
“Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre.” (Nuwe Vertaling, 1983)
“Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.” – 1953 Vertaling
Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
“As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”