Lied

KINDERS VAN DIE LIG LIED

Kinders van die Lig, wat ‘n wonderlike naam

wat ‘n wonderlike Vader is God die Skepper Heer

Kom ons loof Hom as ons Skepper almal saam

want Hy’s lief vir ons en altyd in beheer.

Refrein:

Die wêreld is soms donker

vol sonde en vol seer

Uit genade is ons kinders van die lig

tot God se eer.


Kinders van die lig, wat ‘n wonderlike naam

wat ‘n wonderlike Redder is Jesus onse Heer

Kom ons loof Hom wat gesterf het in ons plek

want verlossing is deur Hom vir ons bewerk.


Kinders van die lig, wat ‘n wonderlike naam

wat ‘n wonderlike Trooster is God die Heil’ge Gees

Kom ons loof Hom deur ‘n lig vir Hom te wees

Want Hy dra ons as ons twyfel het of vrees.

Comments are closed.